Groot Trek 175

Vanjaar se fees  vind plaas in die jaar waarin ons die Groot Trek 175 herdenk. So, almal wat om 9h30 op Saterdag 23 Februarie saam met ons die berg bestyg en die kruin bereik, kan ‘n medalje kry as aandenking van die besondere dag en uitstappie. Op die medalje (foto hierby) is die embleem van die Groot Trek 175 geslaan.

Die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans bied hierdie bronsmedalje met ‘n oranje lint aan teen R25 en die opbrengs sal aangewend word ten bate van ons wondersoete taal, Afrikaans. Persone wat meer wil weet, kan Andre Alkema kontak by andre@afrikaans.org.za of 082 570 0184.