Tuis

 

 

MAART IS MAJUBA MAAND!

https://www.majubafees.co.za

Kom herdenk die Slag van Majuba saam met volksgenote op 1 – 3 Maart 2019

Ons dink terug aan 27 Februarie 1881 waar die Boere hulle vryheid herwin het, deur die Britte te verslaan. Gods hand kan duidelik in die gebeurtenis gesien word, wat teruglei na die hernuwing van die Gelofte by Paardekraal.

Alle volksgenote is welkom om hierdie feesviering met ons mee te maak.

Verblyf:

Ligging: Suid van Volksrust op die Newcastle pad is die uitdraai.

(S27º27’58.51″ E29º50’22.45″)

  • Daar is slegs kampeer geriewe beskikbaar.
  • Indien u van gastehuise in die omgewing gebruik wil maak, moet u direk by hulle bespreek.
  • Stalletjies sal Vrydag en Saterdag beskikbaar wees.
  • Daar is geen kaartgeriewe beskikbaar nie. Bring voldoende kontant.
  • Vir besprekings van stalletjies en kampeerplek kontak

Theuns Snyman 079 274 7978

MAJUBAFEES 2019 TARIEWE

Gastehuise in die omgewing

(Tariewe verskil. Bespreek direk by hulle).

Bergbau Haus B + B 017 735 4297

Bridle Gaste plaas  B + B 072 661 7006

Granny Goose    B + B 017 735 5536

Horse Shoe motel 017 735 4310

Mahawane Resort  B + B 017 735 3003

Majuba Gastehuis 017 735 2550

Marlene’s Gastehuis 017 735 1320

Mon’ae Gastehuis  B + B 017 735 3866

Monika’s Gastehuis  B + B 017 735 1238

Sanbonani Gastehuis 082 564 6077

Stucky Gastehuis 017 735 2808

Battlefield Gastehuis 017 735 2202

Voorwaardes vir toegang

Ondergetekende persoon/persone/groep verklaar/bevestig/onderneem:

  • Dat ek/ons ‘n historiese verbintenis het met die Boere wat betrokke was by die Slag van Majuba op 27 Februarie 1881.
  • Dat ek/ons die Majubafees bywoon om deel te neem aan die program wat deur die Feeskomitee aangebied word en geen interne groepsaktiwiteit sal aanbied tydens enige feesverrigting nie.
  • Dat ons die gesag van die Feeskomitee sal respekteer en ook die komitee se beslissing in enige aangeleentheid m.b.t. die verrigtinge en fasiliteite sal eerbiedig.
  • Dat ek/ons geen ander persoon wat die fees bywoon sal verhinder om enige deel van die program wat hy/sy wil bywoon, by te woon of daaraan deel te neem nie.
  • Dat geen brosjure, pamflet, inligtingsbrief, strooibiljet of enige iets soortgelyks sonder vooraf toestemming van die feeskomitee versprei sal word nie.
  • Dat geen werwing anders as per goedgekeurde inligtingstalletjie vir enige groep of standpunt gedoen sal word nie.
  • Dat geen openbare afkondigings/uitsendings van watter aard ook al, anders as met toestemming oor die amptelike kommunikasiestelsel gedoen sal word nie.
  • Dat ons geen ander vlag/e as kuituur-historiese vlae sonder vooraf toestemming sal vertoon nie.
  • Ek bevestig dat ‘n kopie van die toelatingsvereistes vir my aangebied is en dat ek die vereistes aanvaar.