Tuis

FEBRUARIE IS MAJUBA MAAND!

http://www.majubafees.co.za

Kom herdenk die Slag van Majuba saam met volksgenote op 23-25 Februarie 2018.

Ons dink terug aan 27 Februarie 1881 waar die Boere hulle vryheid herwin het, deur die Britte te verslaan. Gods hand kan duidelik in die gebeurtenis gesien word, wat teruglei na die hernuwing van die Gelofte by Paardekraal.

Alle volksgenote is welkom om hierdie feesviering met ons mee te maak.

Verblyf:

Ligging: Suid van Volksrust op die Newcastle pad is die uitdraai.

(S27º27’58.51″ E29º50’22.45″)

  • Daar is slegs kampeer geriewe beskikbaar.
  • Indien u van gastehuise in die omgewing gebruik wil maak, moet u direk by hulle bespreek.
  • Stalletjies sal Vrydag en Saterdag beskikbaar wees.
  • Daar is geen kaartgeriewe beskikbaar nie. Bring voldoende kontant.
  • Vir besprekings van stalletjies en kampeerplek kontak

 

Theuns Snyman 079 274 7978

 

MAJUBAFEES 2018 TARIEWE

  1. Dagbesoekers:                                            R 40.00 per persoon

(Groepe van meer as 25 persone kry 20% afslag)

2. Herberg (Slegs studente):                            R 80.00 per persoon per nag.

(Groepe van meer as 25 persone kry 20% afslag)

3.Kampeerders:

A.  Staanplek sonder krag:                     R 50.00 per staanplek per nag

B.  Staanplek met krag:                         R 70.00 per staanplek per nag (Beperkte aantal beskikbaar)

PLUS:

C.  Volwassenes                                   R 25.00 per persoon per dag

D. Leerlinge:                                        R 15.00 per persoon per dag

4.  Kampeerders – GROEPE:

A.  Staanplek 20 x 40m sonder krag:      R 400.00 per staanplek per nag

PLUS:

    1. Volwassenes                                   R 25.00 per persoon per dag
    2. Leerlinge:                                        R 15.00 per persoon per dag

 

  1. Stalletjies:
    1. 3 x 3m Sonder krag:                         R 400.00
    2. 3 x 3m Met krag:                             R 550.00
    3. 5 x 5m Sonder krag:                         R 700.00
    4. 5 x 5m Met krag:                             R 850.00
    5. 5 x 10m Sonder krag:                       R 1200.00
    6. 5 x 10m Met krag:                            R 1600.00

BANKBESONDERHEDE VIR MAJUBA:

Rekening naam:                  Majuba-Boerevolktrust

Takkode:                              250 655

Verwysing:                          Voorletters & Van(Bring asb. u bewys van betaling saam).

Rekening nommer:             623 8336 2119

Bank:                                      FNB (Kolonade)

Theuns Snyman 079 274 7978 besprekings@majubatrust.co.za

 

ONS HOOP OM DIE HELE VOLK BY DIE BERG TE SIEN

PROGRAM – MAJUBAFEES 2018

Vrydag 23 Februarie

18:00 Opening, verwelkoming en kranslegging by die monumente

(Sal in die saal voortduur in geval van reën)

18:15 Groete boodskap uit Vlaandere – Hector van Oevelen (5 minute)

19:00 Fakkelloop

19:30 Historiese film oor Majuba – H’S van Blerk saal

Saterdag 24 Februarie

08:00 Vlaghysing – CVO Gromar

08:05 Opening

08:15 Verwelkoming en oorhandiging van wisseltrofee – Hannes Scholtz

08:25 Aankoms van ossewa

08:35 Vlagtentoonstelling – Perdekommando

08:45 Feesrede – Ds. Martin Jordaan

09:00 Afvuur van Grietjie

 

Bestyging van die berg

 

Vertelling van geskiedenis op Gordon’s Knoll – Jan Beyers

Samesang by Hayes se koppie

09:30 Skyfskiet

13:00 Skyngeveg – Dundee Diehards en Bittereinder Kommando

13:30 Boeresport

14:00 Volkspele – HS van Blerk saal

14:30 Jukskei

16:30 Potjiekoskompetisie: beoordeling begin

18:00 Cantille vir die jeug

20:00 Cantus vir studente en volwassenes

U word vriendelik versoek dat geen persone die berg Saterdagoggend bestyg voordat die openingseremonie afgehandel is nie.

Sondag 25 Februarie

08:00 Skrifoordenking – Ds. Ruan Combrink

09:00 Bedankings – Hannes Scholtz

09:15 Afsluiting – 4de strofe van die Stem

09:20 Vertrek

Geen voertuie sal toegelaat word om die terrein te verlaat tydens die Skrifoordenking en Afsluiting nie.

Gastehuise in die omgewing

(Tariewe verskil. Bespreek direk by hulle).

Bergbau Haus B + B 017 735 4297

 

Bridle Gaste plaas  B + B 072 661 7006

Granny Goose    B + B 017 735 5536

Horse Shoe motel 017 735 4310

Mahawane Resort  B + B 017 735 3003

Majuba Gastehuis 017 735 2550

Marlene’s Gastehuis 017 735 1320

Mon’ae Gastehuis  B + B 017 735 3866

Monika’s Gastehuis  B + B 017 735 1238

Sanbonani Gastehuis 082 564 6077

Stucky Gastehuis 017 735 2808

Battlefield Gastehuis 017 735 2202

 

Voorwaardes vir toegang

Ondergetekende persoon/persone/groep verklaar/bevestig/onderneem:

  • Dat ek/ons ‘n historiese verbintenis het met die Boere wat betrokke was by die Slag van Majuba op 27 Februarie 1881.
  • Dat ek/ons die Majubafees bywoon om deel te neem aan die program wat deur die Feeskomitee aangebied word en geen interne groepsaktiwiteit sal aanbied tydens enige feesverrigting nie.
  • Dat ons die gesag van die Feeskomitee sal respekteer en ook die komitee se beslissing in enige aangeleentheid m.b.t. die verrigtinge en fasiliteite sal eerbiedig.
  • Dat ek/ons geen ander persoon wat die fees bywoon sal verhinder om enige deel van die program wat hy/sy wil bywoon, by te woon of daaraan deel te neem nie.
  • Dat geen brosjure, pamflet, inligtingsbrief, strooibiljet of enige iets soortgelyks sonder vooraf toestemming van die feeskomitee versprei sal word nie.
  • Dat geen werwing anders as per goedgekeurde inligtingstalletjie vir enige groep of standpunt gedoen sal word nie.
  • Dat geen openbare afkondigings/uitsendings van watter aard ook al, anders as met toestemming oor die amptelike kommunikasiestelsel gedoen sal word nie.
  • Dat ons geen ander vlag/e as kuituur-historiese vlae sonder vooraf toestemming sal vertoon nie.
  • Ek bevestig dat ‘n kopie van die toelatingsvereistes vir my aangebied is en dat ek die vereistes aanvaar.